Aanvullende leesstof en voorbeelde by http://af.wikipedia.org ; asook http://nl.wikipedia.org en http://en.wikipedia.org
HAIKU
3 reëls, geen rym of ritme nie
Vaste vorm met 17 lettergrepe: 5 – 7 – 5
Inhoud het gewoonlik iets met die natuur te doen, impressionistiese waarneming, indrukke eerder as beskrywing
TANKA
‘n Uitgebreide haiku
5 rymlose reëls
31 lettergrepe: 5 – 7 – 5 – 7 – 7
CINQUIAN
5 rymlose reëls, 22 lettergrepe:
1: 2 lettergrepe, of een woord wat die titel verskaf;
2: 4 lettergrepe, of 2 woorde wat beskryf;
3: 6 lettergrepe, of 3 woorde wat aksie weergee;
4: 8 lettergrepe, of 4 woorde wat gevoel weergee;
5: 2 lettergrepe, of ‘n ander woord vir die titel.
DIAMANTES (Diamantgedig)
7 rymlose versreëls
Die eerste en laaste selfstandige naamwoorde kan teenoorgesteldes wees, of op een of ander manier met mekaar verband hou. Die woorde tussenin kan bou op die verskille en die onderliggende verbande.
s.nw
b.nw b.nw
ww . ww. ww.
verlede deelw. verlede deelw. verlede deelw. verlede deelw.
ww. ww. ww.
b.nw b.nw
s.nw