Hierdie jaar kweek ek
tulpe, ander bolplante
op spierwit klippers
om te bid, afskeid te neem
van my Bolandse vriende
(estelleke, 12-04-008)
Spierwit bergpieke
rivierwater verys koud
sneeu op grou rotse
bome is oral gevries
witste skitterende sneeu
Die palet verkleur
as die herfswind begin waai
geel, oranje, bruin
die kleure van die blare
val stadig van die bome af
Argentinië
Miskien roep jy my
as jy so eindeloos huil,
met jou voet fluister
saam met die musiek se dans
wat grypend om my lyf vou
(Andries Olivier)